top of page

Die MRK wil Gayton McKenzie gelykheidshof toe vat

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 3
  • 1 min read

Die Menseregtekommissie (MRK) het besluit om die saak teen PA-leier en ook die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, in die gelykheidshof verder te voer.

McKenzie het jare gelede, voordat hy minister geword het, die k-woord in sommige inskrywings op X gebruik. Hy het ontken dat hy hom destyds aan haatspraak skuldig gemaak het en gesê die MRK is eerder skuldig aan laster.

Maroela Media berig die MRK sê egter hy het ʼn assessering van die saak gedoen en bevind McKenzie se uitlatings is prima facie-skendings van die bepalings van die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie.

Die MRK het gister gesê die kommissie het gevolglik ʼn brief oor die bewerings aan McKenzie gestuur, maar geen reaksie gekry nie. Dus is daar besluit om die saak dringend na die gelykheidshof te neem.

 
 
 

Comments


bottom of page