Die munisipale geldkrisis verg dringende ingryping
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 18
- 1 min read
Dringende regeringsingryping is nodig om die finansiële krisis by munisipaliteite regoor Suid-Afrika aan te spreek.
Volgens Cosatu het 42 munisipaliteite reeds op die Nasionale Tesourie se besluit gereageer om sekere Billike Aandeel-toekennings terug te hou, maar 17 het nog nie herstelplanne ingedien nie.
Die vakbondfederasie waarsku dat die terughouding van dié fondse basiese dienslewering kan ontwrig en daartoe kan lei dat munisipale werkers nie betaal word nie.
Cosatu vra onder meer vir sterker finansiële bestuur, strenger optrede teen korrupsie, beter infrastruktuurondersteuning en 'n nuwe befondsingsmodel vir munisipaliteite.
Matthew Parks van Cosatu sê plaaslike regering verkeer in 'n krisis wat onmiddellike optrede verg.








Comments