top of page

Die munisipaliteit begin weer vullis in Bloem verwyder

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 6 days ago
  • 1 min read

Die Mangaung Metro Munisipaliteit het weer begin om vullis te verwyder.


Dit volg ná die munisipale bestuurder, Sello Moore, verlede week gesê het dat die vullis nie verwyder kon word nie aangesien daar nie diesel vir die vragmotors was nie.


Netwerk24 berig verder berge vullis het oral in die stad gelê en verder in die hitte verrot.


Intussen sê AfriForum in ‘n verklaring die munisipaliteit se vullisverwydering vind onbetroubaar plaas en kom dikwels tot stilstand.


Hulle het formele klagtes hieroor ingedien.


Volgens AfriForum is die munisipaliteit se versuim ‘n oortreding van hul grondwetlike en wetgewende verpligtinge.


FOTO: Netwerk24
FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page