top of page

Die munisipaliteit wil Bloem weer soos die Stad van Rose laat lyk

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 15
  • 1 min read

Om Bloemfontein weer soos die Stad van Rose te laat lyk en voel is die munisipaliteit se Vaste Afval Departement gereed om die volgende groot stad skoonmaakveldtog af te skop.


Volgens die Maungaung Metro Munisipaliteit sal die veldtog vanaf volgende maand af plaasvind.


Hulle sê in ‘n plasing op sosiale media hierdie inisiatief stem ooreen met die skoon stede en dorpe-veldtog onder leiding van die adjunkpresident, Paul Mashatile.


Die skoonmaakveldtog is daarop gemik om omgewingsake wat deur afval in gemeenskappe veroorsaak word, te identifiseer en aan te spreek.


Ter illustrasie. FOTO: Facebook
Ter illustrasie. FOTO: Facebook


Comments


bottom of page