top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die musketier wat Brakanjan geïnspireer het se oorskot is moontlik gevind

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Mar 29
  • 1 min read

'n Geraamte is onlangs in 'n Nederlandse kerk ontdek, wat kenners reken kan moontlik dié van Charles de Batz de Castelmore wees. Dié legendariese Franse soldaat het die karakter d’Artagnan in die roman Die Drie Musketiers geïnspireer, wat op sy beurt weer die inspirasie was agter die karakter Brakanjan.


Volgens berigte deur plaaslike media is die geraamte onlangs in Maastricht ontdek, waar die soldaat in 1673 tydens ʼn veldslag dood is. Maroela Media berig die ontdekking volg nadat herstelwerk aan ʼn kerkvloer gedoen is ná ʼn gedeeltelike ineenstorting in Februarie.


Die geraamte is in die skip, of die middelste gedeelte, van ʼn moderne kerk ontdek waarvan die oorsprong tot minstens die 13de eeu terugdateer.


Diaken Jos Valke, wat tydens die aanvanklike opgrawings teenwoordig was, het benadruk dat verskeie leidrade daarop dui dat die oorblyfsels aan ʼn belangrike persoon behoort het. Hy sê die geraamte is ontdek op die plek waar die altaar vroeër gestaan het, en in daardie tyd is slegs koninklikes of ander baie belangrike persone onder ʼn altaar begrawe.


Hy voeg by 'n Franse muntstuk is naby die oorblyfsels gevind, wat die moontlikheid versterk dat dit iemand van Franse oorsprong was.


FOTO: BBC
FOTO: BBC

 
 
 

Comments


bottom of page