top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Frankryk bevestig hul eerste Ebola-geval

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 hour ago
  • 1 min read

Frankryk het sy eerste geval van Ebola bevestig.


Volgens BBC het ‘n dokter teruggekeer van ‘n humanitêre sending in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) en is onmiddellik in ‘n gespesialiseerde fasiliteit opgeneem.


Die Franse Ministerie van Gesondheid het bevestig dat die dokter in ‘n stabiele toestand is.


Dit is ook die eerste Ebola-geval wat in Europa bevestig is sedert die DRK  verlede maand ‘n Ebola-uitbraak aangekondig het. Kenners glo egter dat die virus al weke tevore in omloop was.


Meer as 260 mense is weens die virus oorlede, terwyl omtrent ‘n duisend mense besmet is.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page