Slim-ID-dienste is nou by talle banktakke beskikbaar
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Slim-ID-dienste is nou by 203 banktakke regoor Suid-Afrika beskikbaar nadat die Departement van Binnelandse Sake sy vennootskap met verskeie banke uitgebrei het.
Capitec beskik oor die meeste deelnemende takke, gevolg deur Standard Bank en FNB.
Volgens die departement stel die nuwe digitale model banke in staat om Slim-ID-aansoeke deur hul eie stelsels te verwerk. Die doel is om toegang tot die diens te verbeter en die proses meer doeltreffend te maak.
Binnelandse Sake sê die uitbreiding het toegang tot die diens met 73% in net meer as drie maande verhoog. Meer as 250 000 mense het die diens sedert Maart gebruik.








Comments