Die N1 naby Verkeerdevlei is weer oop na ‘n noodlottige ongeluk
- Saamgestel deur Jana Roos

- Dec 11, 2025
- 1 min read
Die N1 is skoongemaak en verkeer vloei weer normaal na ‘n noodlottige botsing naby Verkerdevlei in die Vrystaat.
Nooddienste is vroeër Donderdag ontbied na ‘n botsing tussen ‘n ligte vragmotor en ‘n sedan.
Reaksiepersoneel het bevind dat die twee voertuie reg van voor gebots het, wat gelei het tot een sterfte, wat op die toneel verklaar is.
Drie persone met geringe beserings is na Pelonomi Trauma in Bloemfontein vervoer vir verdere behandeling.
‘n Saak van strafbare manslag is by die Verkeerdevlei-polisiestasie geopen.







Comments