Die N1 tussen Bloem en Winburg word opgradeer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 10, 2025
- 1 min read
Die grootste deel van die N1 tussen Bloemfontein en Winburg word opgegradeer.
Netwerk24 berig die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se R4 miljard inspuiting sal broodnodige werkgeleenthede skep.
Volgens Sanral se provinsiale hoof in die Vrystaat, Marlize Nel-Verwey, het die projek reeds begin en sal in Julie 2028 voltooi wees.
Intussen is Sanral ook besig om ‘n nuwe provinsiale kantoor in Bloemfontein te vestig.
Die aantal paaie wat die Vrystaatse regering die laaste paar maande aan Sanral oorgedra het verhoog.
Die Vrystaat het tans net oor die drie-duisend kilometer se nasionale paaie. Daarvan is byna helfte die laaste tyd deur ander instellings oorgeneem.







Comments