Die N3 roete vanaf Escourt tot Harrismith is weer oop

Sep 22, 2024
1 min read
Die N3 roete vanaf Escourt tot Harrismith is weer oop en die padverkeersinspektoraat asook N3TC Route Services het begin om gestrande padgebruikers stadig uit die gebied in die suidwaartse bane, na KwaZulu-Natal te begelei. Reddingspanne gaan ook voort om 'n veilige deurgang skoon te maak vir padgebruikers wat in die omgewing van Swinburne en Montrose in die Vrystaat, gestrand is. Padgebruikers word gevra om asseblief, terwyl die volgende fase van die reddings- en hersteloperasie voltooi word, geduldig te wees en om die instruksies van reddingspanne noukeurig te volg.








Comments