Die Naledi Sun Hotel open weer hul deure
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 13, 2025
- 1 min read
Eienaarskap van die Naledi Sun Hotel in Thaba Nchu is deur die Departement van Landelike Ontwikkeling aan die Vrystaatse Provinsiale Regering oorgedra. Raadslid Thabo Mogotloane sê in ‘n aanlyn plasing hulle dankbaar is dat die hotel nou na sy vorige glorie terugkeer, en sien uit daarna dat Kersfees weer soos voorheen daar gevier sal word. Hy voeg die hotel sal nie net Wyk 39 bevoordeel nie, maar ook die hele Thaba Nchu en die Vrystaat in geheel. Die gebruik van hierdie eiendom en ander geoormerkte eiendomme sal daarop gemik wees om by te dra tot die ekonomiese ontwikkeling van hierdie ekonomies depressiewe gebied.






Comments