Die Nasionale Dialoog is 'n geleentheid om uitdagings te bespreek
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 12
- 1 min read
Die Nasionale Dialoog is ‘n geleentheid om Suid-Afrika se ekonomiese en demokratiese uitdagings openlik te bespreek. So sê President Cyril Ramaphosa aan die groep van vooraanstaande Suid-Afrikaners, wat hy gekies het om die dialoog te lei. Hy voeg by die ekonomie groei nie, en werkloosheid styg, terwyl swak dienslewering, korrupsie en wanbestuur ‘n toenemend probleem is. Die dialog is volgens Ramaphosa ‘n manier om ‘n gedeelde visie en die pad vorentoe vir die land te herstel, met verwysing na ‘n afname in kiesersbetrokkenheid tydens die 2024-verkiesings. Hy glo dat Suid-Afrikaners dialoog in die verlede suksesvol gebruik het, en hierdie proses kan weer help om oplossings te vind.





Comments