Die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens vier Wêreldlaboratoriumdag

Apr 23
1 min read
Die Nasionale Gesondheids-laboratoriumdiens vier Donderdag Wêreldlaboratoriumdag.
Die dag beklemtoon die noodsaaklike rol van diagnostiese laboratoriums wat ongeveer 85% van Suid-Afrikaners deur 233 fasiliteite landwyd bedien.
Volgens die Nasionale Gesondheids-laboratoriumdiens is ongeveer 70% van kliniese besluite afhanklik van laboratoriumresultate.
Die diens se uitvoerende hoof, professor Koleka Mlisana, loof laboratoriumpersoneel as die ruggraat van openbare gesondheidsorg, wat vroeë opsporing, behandeling en siektemonitering ondersteun.









Comments