Die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens weerlê bewerings op X
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 17
- 1 min read
Die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens verwerp wat hy valse en lasterlike bewerings noem wat op X sirkuleer.
Die entiteit het in 'n verklaring bewerings ontken wat deur ‘n gebruiker, wat as Modibe Vladimir Modiba identifiseer, geplaas is. Modiba beweer dat sleutelamptenare geld van diensverskaffers afpers en betalings vir omkoopgeld vertraag. Die gebruiker het ook bewerings van korrupsie gemaak.
Die entiteit sê dat hy streng verkrygings- en werwingsbeleid het wat in lyn is met nasionale wetgewing en ‘n nultoleransie-houding teenoor korrupsie handhaaf. Die entiteit sê dat hy sal optree om sy integriteit te beskerm.








Comments