top of page

Die Nasionale hospitaal se kraamsaal is gesluit

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 12, 2025
  • 1 min read

Die 21-bed kraamsaal by die Nasionale Distrikshospitaaal in Bloemfonteint is deur die Departement van Arbeid en Indiensneming gesluit. Volgens die Vrystaatse Departement van Gesondheid se woordvoerder, Mondli Mvambi, is dit weens die lae temperature in die saal. Hy voeg by lae-risiko gevalle sal na die Mangaung University Community Partnership Programme gestuur word, terwyl kraamgevalle by die Pelonomi Tersiêre Hospitaal hanteer sal word. Luidens ‘n mediaverklaring is die departement besig om die situasie aan te spreek.

 
 
 

Comments


bottom of page