Die Nasionale Kunsteraad ontbind ná ‘n langdurige arbeidsgeskil
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 53 minutes ago
- 1 min read
Die raad van die Nasionale Kunsteraad van Suid-Afrika is met onmiddellike effek ontbind ná ’n langdurige arbeidsgeskil oor onbetaalde prestasiebonusse.
Volgens die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het die raad versuim om opdragte uit te voer om die saak dringend op te los.
McKenzie sê die geskil het tot voortdurende stakings en finansiële druk op werknemers gelei.
Hy het ook kommer uitgespreek oor besteding aan werwingsfooie en mobiele toestelle terwyl die raad finansiële beperkings aangehaal het.
Die departement sal intussen toesig hou oor bedrywighede totdat ’n nuwe raad aangestel word.








Comments