Die Nasionale Museum vier 149 jaar
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 20
- 1 min read
Die Nasionale Museum in Bloemfontein vier Maandag sy 149ste bestaansjaar.
Volgens inligting wat die museum gedeel het, is die instelling op 20 Julie 1877 tydens 'n openbare vergadering in Bloemfontein se stadsaal gestig.
Die stigting is voorafgegaan deur die Philadelphia-uitstalling in Amerika, waar die destydse Oranje-Vrystaat produkte soos volstruisvere, ivoor, ongeslypte diamante en dierevelle ten toon gestel het.
Die museum is amptelik op 20 Mei 1878 geopen en het met die jare uitgebrei tot een van Suid-Afrika se belangrikste museums vir natuurgeskiedenis, kultuurgeskiedenis en kuns.
Die Nasionale Museum is vandag 'n verklaarde kultuurinstelling wat onder die Departement van Sport, Kuns en Kultuur val.








Comments