Die Nasionale Senior Sertifikaat eksamens skop vandag af

Terwyl 2025 se Mei/Junie Nasionale Senior Sertifikaat en Senior Sertifikaat eksamens vandag afskop het LUR Mamika Maboya die meer as 13 600 kandidate regoor die Vrystaat sterkte toegewens. Volgens Central News bied hierdie belangrike eksamentydperk aan leerders 'n geleentheid om hul Senior Sertifikaat te verwerf, of matriekeksamenuitslae te verbeter vir beter akademiese en loopbaanvooruitsigte. Om leerders te ondersteun, het die Vrystaatse Onderwysdepartement addisionele hulpbronne, insluitend vorige eksamenvraestelle en memorandums, aanlyn beskikbaar gestel. Die departement het ook verseker dat al die eksamensentrums toegerus is met die nodige fasiliteite, soos rugsteunkrag en watertoevoer, om ontwrigtings te voorkom. Hierdie eksamens, wat oor 50 vakke strek, word by 372 eksamensentrums regoor die provinsie geskryf.








Comments