top of page

Die Nasionale Vergadering stem ten gunste van die verslag oor die fiskale raamwerk

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Apr 3
  • 1 min read

Die Nasionale Vergadering het ten gunste van die verslag oor die fiskale raamwerk en die inkomstevoorstelle gestem. Volgens Woensdag se telling het 194 LP’s ten gunste van die komiteeverslag gestem en 182 daarteen. Die leier van die EFF, Julius Malena, het bevestig dat sy party met sy regspan sal vergader oor moontlik regsaksie. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê dat hulle ook die wettigheid van die verslag en van gister se Nasionale Vergadering sitting gaan uitdaag. Steenhuisen, sê dit maak nie saak hoe partye, wat ten gunste van die verslag gestem het, dit probeer verkoop nie, Belasting op Toegevoegde Waarde word verhoog vanaf 1 Mei.

 
 
 

Comments


bottom of page