top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Natref-brand in Sasolburg kan lei tot verhoogde brandstofpryse

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 15, 2025
1 min read

’n Brand by Sasol se Natref-olieraffinadery in Sasolburg het Suid-Afrika met net een werkende ruolie-verwerkingsaanleg gelaat. berig dit maak die land toenemend afhanklik van brandstofinvoere. Die brand op 4 Januarie by die land se enigste binnelandse raffinadery het kommer gewek oor die toevoer van vliegtuigbrandstof na OR Tambo Internasionale Lughawe. Brandstof word nou per pypleiding en spoor vanaf Mosambiek ingevoer om tekorte te voorkom. Sasol het nog nie ’n heropeningsdatum bevestig nie, maar die aanleg sal na verwagting op 21 Februarie weer begin werk. Natref verteenwoordig 30% van die land se geraffineerde kapasiteit. Ander raffinaderye, insluitend Glencore se Astron-aanleg in Kaapstad, werk steeds, maar sluitings het invoere laat toeneem. Terwyl Sasol onderneem om teen volgende week nog verdere inligting te gee, kan die impak van brandstofinvoere op die verbruiker as ʼn verhoogde brandstofprys reflekteer.

 
 
 

Comments


bottom of page