Die NCC Fadiel Adams vra om verskoning vir 'walglike uitlatings'
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 23, 2025
- 1 min read
Die National Coloured Congress (NCC) se LP, Fadiel Adams, het om verskoning gevra vir sy ongepaste uitlatings. Dit nadat die parlement se gesamentlike etiekkomitee oor ledebelange hom Dinsdag daaraan skuldig bevind het dat hy die etiese gedragskode oortree het.
Die speaker van die Nasionale Vergadering (NV), Thoko Didiza, sê volgens Netwerk24 die uitlatings is so walglik dat hy dit nie kan herhaal nie.
Hy voeg by dit is volkome ongepas vir die hoë amp en instelling, en is dus onaanvaarbaar. Die komitee het bevind dat Adams se uitlatings op Facebook in Februarie neerhalend, rassisties en seksisties is.
Adams se gedrag is deur die komitee ondersoek nadat DA-hoofsweep George Michalakis ‘n klag teen Adams ingedien het.






Comments