top of page

Die NDBV is bekommerd oor voorgestelde regulasies vir die verskeping van lewendehawe

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 4
  • 1 min read

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het beswaar teen die voorgestelde regulasies vir die verskeping van lewendehawe ingedien.

Maroela Media berig die NDBV sê die voorgestelde regulasies is nie bloot onvoldoende om diere te beskerm nie, maar dat selfs die kritieke welsynsbepalings wat voorheen bestaan het, nou ontbreek.

Volgens die bestuurder van die NDBV se plaasdierebeskermingseenheid, Nazareth Appalsamy, is die verskeping van lewende hawe inherent wreed en onafdwingbaar.

Een van die grootste bekommernisse is die afwesigheid van ʼn verpligte verbod op uitvoere na die Midde-Ooste gedurende die warmste tye van die jaar. Dit is juis dan dat diere die grootste risiko loop om weens hittestres te vrek.

Die organisasie is ook uiters krities oor die bepalings rondom dragtige diere, wol se lengte, hoeveel diere op skepe gelaai mag word, en voervereistes. Volgens die NDBV is hierdie bepalings verswak tot “vae, of selfs vrywillige, bepalings”.

 
 
 

Comments


bottom of page