Die Ndlovu-jeugkoor is in Bloemfontein met “Bohemian Rhapsody” in Zoeloe
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 20
- 1 min read
Die Ndlovu-jeugkoor, wat bekend is vir hul kreatiewe vertolkings en kragtige verhoogoptredes, het onlangs groot lof ontvang met hul weergawe van Queen se ikoniese Bohemian Rhapsody – gesing in Zoeloe. Die uitvoering vorm deel van hul landswye Heritage-toer, wat daarop fokus om Suid-Afrika se ryk kultuurerfenis en taaldiversiteit deur musiek te vier. Die Ndlovu-jeugkoor, wat internasionale bekendheid verwerf het ná hul deelname aan America’s Got Talent, staan uit vir hul energie, harmonie en die manier waarop hulle musiek gebruik om mense van verskillende agtergronde saam te snoer. Bloemfonteiners kry nou die kans om dié besonderse uitvoering van naby te ervaar. Die koor tree Saterdag, 20 September om 19:30 in die Sand du Plessis-teater op.





Comments