top of page

Die NG Kerk vra 'n gebedsdag vir Vrystaatse boere

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 10
  • 1 min read

Die moderamen van die NG Kerk Vrystaat roep gemeentes op tot gebed oor veelvlakkige krisisse wat Vrystaatse boere tans in die gesig staar, met bek-en-klouseer en aanhoudende hoë somertemperature wat gesaaides, weiveld en waterbronne bedreig.


Netwerk24 berig kerkrade en leraars word versoek om Sondag 15 Februarie in eredienste en ander byeenkomste saam te bid vir ontferming oor die land, landerye, weivelde en kuddes. Voorts doen die moderamen ’n dringende beroep op leraars en kerkrade – nie net in NG gemeentes nie, maar ook in ander kerkverbande – om pastoraal uit te reik na boere en plaaswerkers wat onder druk verkeer.


Die sinodale bedieninge bied aan om, waar nodig, professionele beradingsdienste beskikbaar te stel. Verder het die moderamen noodfinansiering wat vir ramptoestande goedgekeur is, bewillig.


Die kerk doen terselfdertyd ’n beroep op alle rolspelers – veral georganiseerde landbou, plaaslike en nasionale owerhede en die private sektor – om saam te werk om die siekte doeltreffend te bestry.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page