Die NG Klipkerk in Vredefort, in die Vrystaat, vier vandag ’n merkwaardige mylpaal
- Armando Pieters
- 6 days ago
- 1 min read
Die NG Klipkerk in Vredefort, in die Vrystaat, vier vandag ’n merkwaardige mylpaal: sy orrel is 50 jaar oud. Die viering van hierdie orrel het tydens vanoggend se oggenddiens plaasgevind.
Die orrel is in 1975 op die galery geïnstalleer en is ’n driemanuaal Fehrl Roeleveld-meesterstuk met 2 026 pype.
Skade wat oor die jare deur weerlig aangerig is, is onder die sorgvuldige hande van orrelbouer en stemmer Archie Devere herstel tot sy oorspronklike glans.
Die orrel is deur die befaamde Winand Grundling bespeel. Sy improvisasies, klassieke tema’s en moderne invloede het die klawers met gevoel en vaardigheid lewe gegee.

Comments