Die Ngwathe-raad moet ontbind word
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 3
- 1 min read
Die Konstitusionele Hof het die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit se aansoek om verlof tot appèl teen die ontbinding van die munisipale raad van die hand gewys.
Die uitspraak bring 'n lang regstryd tot 'n einde nadat die Hooggeregshof verlede jaar bevind het dat die Vrystaatse munisipaliteit, te midde van ernstige diensleweringsprobleme, nie sy grondwetlike en administratiewe verpligtinge nagekom het nie.
AfriForum, wat die saak aanhangig gemaak het, sê die uitspraak is betekenisvol omdat dit die ontbinding van 'n munisipale raad deur 'n hofbevel afgedwing het.
Volgens AfriForum se streekkoördineerder vir die Mooirivier-distrik, Alta Pretorius, kan die uitspraak ook 'n belangrike regspresedent vir ander munisipaliteite skep.








Comments