top of page

Die Noord-Kaapse premier kritiseer Orania oor die beweerde uitset van armes

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 22
  • 1 min read

Die premier van die Noord-Kaap het Orania gekritiseer omdat hulle glo "armgatte" uit hul dorp verbied het.


Netwerk24 berig premier Zamani Saul het in ’n uitgebreide brief op Facebook dié Afrikaner-dorp as ’n “onvolhoubare, uitsluitende projek” bestempel wat volgens hom historiese onregte en hedendaagse sosio-ekonomiese verdeeldheid verdiep.


Saul sê in ’n voorval in sy tuisdorp, Petrusville, het 'n groep swart inwoners beweer vier wit gesinne wat voorheen in Orania gewoon het, is weens hul armoede uit die dorp “gedruk” en woon nou in informele nedersettings in Petrusville. Saul sê een van die mans het self erken hulle is "armgatte" wat nie meer kon bekostig om daar te bly nie.


Saul meen die dorp se bestaansmodel bots met die grondbeginsels van menswaardigheid, gelykheid en vryheid. In reaksie hierop het 'n woordvoerder van die Orania-beweging, Joost Strydom, gesê dat aanvalle op Orania dikwels in verkiesingsjare toeneem om kiesers te mobiliseer en “emosies aan te blaas”.


FOTO: Karoo South Africa
FOTO: Karoo South Africa

Comments


bottom of page