top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die NSRI waarsku mense teen seestrome

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 13, 2024
  • 1 min read

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) doen ‘n beroep op mense wat by die see vakansie hou om versigtig te wees. Dit aangesien die identifisering van gevaarlike seestrome vir baie uitdagend kan wees. Weens veiligheidsredes beveel die NSRI  mense aan om slegs in gebiede wat deur lewensreddervlae aangewys is te swem, aangeisen hierdie gebiede vir swemmers se veiligheid gemonitor word. Die instituut sê as jy in ‘n stroom vasgevang word, is dit belangrik om kalm te bly en om nie teen die stroom te veg nie. Die NSRI-woordvoerder, Andrew Ingram, beklemtoon die belangrikheid daarvan om onmiddellike hulp te soek.

 
 
 

Comments


bottom of page