top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Nulane-korrupsiesaak is terug op die hofrol

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 5
1 min read

Die Nulane-korrupsiesaak is weer in die Bloemfontein-landdroshof geregistreer nadat die staat verskeie hofgevegte gewen het om die saak te laat voortgaan.


Die Nasionale Vervolgingsgesag se Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie sê die saak is herstel nadat die Hoogste Hof van Appèl verlede jaar in die staat se guns beslis het.


Pogings deur die beskuldigdes om dié beslissing in die Konstitusionele Hof omver te werp, was onsuksesvol.


Agt beskuldigdes, onder wie voormalige regeringsamptenare en Gupta-medewerker Iqbal Sharma, staan tereg op aanklagte wat verband hou met beweerde bedrog van R25 miljoen.


Die saak is tot 22 September uitgestel.


Ter ilustrasie. FOTO: Grok
Ter ilustrasie. FOTO: Grok

 
 
 

Comments


bottom of page