'Die nulgegradeerde voedselprodukte-lys moet uitgebrei word'
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Dec 3, 2025
- 1 min read
Die FairPlay Movement vra dat die lys van BTW-nulgegradeerde voedselprodukte uitgebrei word om sommige hoenderprodukte in te sluit.
Volgens die belangegroep is hoender die gewildste bron van proteïen.
FairPlay glo deur sekere hoenderprodukte nulgegradeerd te maak, dit die regering sal help om wanvoeding aan te pak.
Dit sê wanvoeding het ‘n besonder negatiewe impak op kinders en tieners wat deur ontwikkeling gaan.
Die Navorsingsraad vir Geesteswetenskappe skat dat ten minste 28.8% van kinders se groei belemmer is as gevolg van ‘n gebrek aan voedsame kos.







Comments