Die nuwe aanvangsdatums vir die Aarto-Wet is in die Staatskoerant aangekondig
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 3, 2025
- 1 min read
Die Departement van Vervoer het die nuwe aanvangsdatums vir die Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe (Aarto) in die Staatskoerant aangekondig. Dit sluit ook die bekendstelling van die bestuursdemerietstelsel in September 2026 in. Verskillende afdelings van die Wet sal tussen Desember 2025 en September 2026 in werking tree. Die Aarto-stelsel is reeds in metro’s soos Johannesburg en Tshwane geïmplementeer, maar die regering beplan al lank om die stelsel nasionaal uit te voer.






Comments