Die nuwe dobbelwetsontwerp word versnel
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 4 hours ago
- 1 min read
Die Nasionale Dobbelbeleidraad versnel die ontwikkeling van 'n nuwe wetsontwerp om uitdagings rondom aanlyn dobbelary in Suid-Afrika aan te spreek.
Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, het dit bekend gemaak in antwoord op parlementêre vrae van Rise Mzansi.
Tau sê die Nasionale Dobbelraad werk ook aan regulasies vir dobbeladvertensies.
Die voorgestelde maatreëls sluit in dat advertensies nie op kinders gerig of geplaas mag word waar die meerderheid van die gehoor jonger as 18 jaar is nie.
Advertensies sal ook verantwoordelike waarskuwings moet bevat wat die risiko van dobbelverslawing beklemtoon.








Comments