Drie mense word oor die Gauteng-vrouemoorde ondervra

1 hour ago
1 min read
Drie persone van belang word deur die polisie ondervra in verband met die moorde op vroue in Ekurhuleni.
Minstens nege vroue se liggame is die afgelope twee maande in verskeie dele van die metro gevind. Die polisie ondersoek of die sake met mekaar verband hou.
Waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê ondersoeke het nog nie bevestig dat ’n reeksmoordenaar vir die moorde verantwoordelik is nie.
Hy sê daar is aanduidings van verskillende werkswyses en motiewe, maar niks word uitgesluit terwyl die ondersoek voortduur nie.
LUISTER HIER:
Firoz Cachalia








Comments