Die Nuwe puntestelsel vir bestuurslisensies kan ‘n groot probleem wees
- Saamgestel deur Jana Roos

- Jun 28
- 1 min read
Verkeersongelukke in Suid-Afrika kos jaarliks sowat R180-miljard, met baie onversekerde bestuurders wat versekerde motoriste in gevaar stel.
Versekeringskundiges waarsku dat die komende strafpuntstelsel hierdie probleem kan vererger deur die aantal ongelisensieerde bestuurders op die paaie te verhoog.
BusinessTech berig dat byna 70 persent van alle motors op Suid-Afrika se paaie onverseker is, wat beteken dat as ‘n bestuurder ‘n ander voertuig tref, daar ‘n twee-uit-drie kans is dat die bestuurder nie vir die skade sal kan betaal nie.
Die Administratiewe Beregting van Padverkeersoortredings sal vanaf 1 Julie na bykomende munisipaliteite uitbrei.








Comments