top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die nuwe rookwet beweeg ‘n stap nader

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 25
  • 1 min read

Die voorgestelde nuwe wet op tabak- en elektroniese sigaretprodukte is 'n stap nader aan implementering.


Volgens BusinessTech het die parlement se portefeuljekomitee oor gesondheid ten gunste van die wetsontwerp gestem om na die volgende fase van die wetgewingsproses te beweeg.


Die wetsontwerp stel onder meer strenger reëls vir rook en damp in openbare binnenshuise ruimtes, eenvoudiger verpakking met gesondheidswaarskuwings en 'n verbod op die uitstal en bevordering van tabak- en e-sigaretprodukte voor.


Die komitee sê die wetsontwerp sal egter nog gewysig word voordat dit uiteindelik aan die Nasionale Vergadering voorgelê word.


Ter illustrasie. FOTO: BusinessTech
Ter illustrasie. FOTO: BusinessTech

 
 
 

Comments


bottom of page