top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die nuwe waterwetsontwerp is onder die loep

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 26
  • 1 min read

Die Wysigingswetsontwerp op Waterdienste word as ’n belangrike stap beskou, maar waarskuwings is dat wetgewing alleen nie Suid-Afrika se waterkrisis sal oplos nie.


Die Organisasie teen Belastingmisbruik, OUTA, sê ferm politieke verantwoordbaarheid en beter bestuur is noodsaaklik om ineenstortende infrastruktuur en rioolbesoedeling daadwerklik aan te spreek.


OUTA se Julius Kleynhans sê die land het nie ’n tekort aan wette nie, maar aan gevolgbestuur.


Hy doen ook ’n beroep op die instelling van ’n onafhanklike waterreguleerder en waarsku dat gekonsentreerde magte binne die Departement van Water en Sanitasie die risiko van belangebotsings en politisering verhoog.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page