top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die NVG is gereed om die uitleweringsverrigtinge teen ’n Brit af te handel

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
13 hours ago
1 min read

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sê hy is gereed om die vuurwapenklagte en uitleweringsverrigtinge teen ’n vermeende Britse voortvlugtige af te handel.


Ndodana Mkhanyisi Tshuma het in die Johannesburg-landdroshof in Gauteng verskyn. Hy word in Brittanje gesoek in verband met die moord op sy vrou en twee kinders.


Sy regsverteenwoordiger het ’n versoek gerig dat ’n spesialis hom evalueer, nadat Tshuma gesê het hy kan nie onthou dat hy skuldig gepleit of ’n pleitooreenkoms onderteken het nie.


Die NVG se Magaboke Mohlatlole sê hulle het beswaar gemaak teen die opskorting van die verrigtinge, omdat daar geen bewyse is dat Tshuma nie oor die nodige geestesvermoë beskik nie.


Ndodana Mkhanyisi Tshuma. FOTO: The Citizen
Ndodana Mkhanyisi Tshuma. FOTO: The Citizen

 
 
 

Comments


bottom of page