Die NVG sê hy het 'n sterk saak teen 'n Nigeriese tele-evangelis
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 days ago
- 1 min read
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sê hy het 'n sterk saak teen die Nigeriese tele-evangelis, Timothy Omotoso, en sy medebeskuldigdes.
Dit volg nadat die Appèlhof Woensdag die SOE se aansoek toegestaan het om appèl aan te teken teen Omotoso, Lusanda Solani and Zukiswa Sitho se vryspreking verlede jaar. Hulle het tereg gestaan op aanklagte van mensehandel, verkragting en seksuele aanranding, maar is vrygespreek nadat die regter bevind het dat daar gebreke in die staat se saak was.
Volgens SABC-nuus sê die SOE hy het nou 'n geleentheid om duidelikheid te kry oor die sleutelbeginsels van die strafreg ondanks Omotoso se deportasie na Nigerië én om aan te dring dat hy teruggestuur word na Suid-Afrika sou sy appèl slaag.








Comments