top of page

Die NVG verwelkom die vonnis van 'n sesjarige se verkragter en moordenaar

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 2
  • 1 min read

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het die vonnisse wat opgelê is aan die sesjarige Amantle Samane se verkragter en moordenaar, verwelkom.

Die Johannesburgse hooggeregshof in Gauteng het Phethe Simiao gister tot twee lewenslange vonnisse en ’n bykomende vier jaar agter tralies gevonnis.

Simiao het skuldig gepleit aan die ontvoering, verkragting en moord op die dogtertjie in Oktober verlede jaar.

Die NVG sê sy optrede was wreed en berekend en verdien die maksimum vonnis. Hulle glo dat sy vonnis ’n sterk boodskap stuur dat oortreders wat geweldsmisdade teen kinders pleeg, ten volle aanspreeklik gehou sal word.

 
 
 

Comments


bottom of page