Die NVG wil appelleer teen moordbeskuldigde weermaglede se bogtog
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 18, 2025
- 1 min read
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het ‘n kennisgewing van appèl by die Randburg-landdroshof in Gauteng ingedien om die borgtog van die Suid-Afrikaanse Weermag (SANW)-soldate te betwis.
Die NVG sê dat hulle direk by die hooggeregshof aansoek sal doen om verlof om te appelleer teen die besluit om borgtog toe te staan aan 12 SANW-soldate wat van moord aangekla word.
Die soldate word daarvan beskuldig dat hulle die Valke-ondersoeker, Frans Mathipa, vermoor het. Die 12 is op borgtog van R12 000 elk vrygelaat en sal op 17 September weer in die hof verskyn.






Comments