Die OB ondersoek die regering se mislukkings in voedselveiligheid
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 16 hours ago
- 1 min read
Die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, sê die regering het moontlik versuim om verbruikers te beskerm en voedselveiligheidsstandaarde te handhaaf.
Gcaleka het terwyl sy die media ingelig het oor ’n voortgesette sistemiese ondersoek gesê dat bewerings van onvoldoende afdwinging deur verskeie staatsinstellings onder die loep geneem word.
Sy waarsku dat die groeiende bedreiging wat vervalde en bederfde voedselprodukte inhou, dringende en deeglike ondersoek vereis om openbare gesondheid te beskerm.
LUISTER HIER:
Kholeka Gcaleka








Comments