Die OB vorder met die ondersoek na Nersa se “admin-fout”
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Die Openbare Beskermer vorder met die ondersoek na die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) se tarieffout van R54 miljard.
Volgens die DA het die Openbare Beskermer se kantoor bevestig dat hulle nou die bewyse aktief oorweeg en mettertyd ʼn verdere opdatering sal verskaf. Nersa het skriftelik erken dat hierdie fout hoër elektrisiteitstariewe vir Suid-Afrikaanse huishoudings en besighede sal meebring, met geprojekteerde verhogings van 8,76% in 2026/27 en 8,83% in 2027/28.
Die DA se Kevin Mileham sê foute van hierdie omvang kan nie bloot as administratiewe foute afgemaak word nie.
LUISTER:
Kevin Mileham






Comments