Nersa verwelkom kommentaar oor Eskom-tekorte
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 7
- 1 min read
Die energiereguleerder Nersa het ’n openbare konsultasie geloods ná ’n hofuitspraak wat ’n geheime skikking met Eskom oor foute in die tariefberekening tersyde gestel het. Die hof het beslis die proses was nie deursigtig nie.
Nersa bevestig die R76 miljard tekort sal nou deur tariewe verhaal word, wat verdere druk op reeds bo-inflasie kragprysverhogings van hierdie en volgende jaar kan plaas. Suid-Afrikaners het tot 21 Januarie om kommentaar te lewer.






Comments