top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die OB waarsku dit is teen die wet om haar te beledig

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 6 hours ago
  • 1 min read

Die Openbare Beskermer (OB), Kholeka Gcaleka, het lede van die publiek daaraan herinner dat dit ʼn kriminele oortreding is om haar of haar adjunk te beledig.


Maroela Media berig Gcaleka se waarskuwing kom na aanleiding van openbare kommentaar rakende die hoogste hof se uitspraak oor die Phala Phala-aangeleentheid. Sy het daarop gewys dat die hoogste hof se uitspraak geen invloed het op haar verslag oor die Phala Phala-aangeleentheid nie.


Gcaleka sê die reg op vryheid van uitdrukking is onderhewig aan wettige beperkings en strek nie tot gedrag wat ʼn statutêre kriminele oortreding is nie.


Rosestad-nuus se Ilde Roos veruidelik verder lede van die publiek word aangemoedig om betrokke te raak by die bevindinge, gevolgtrekkings en remediërende stappe wat in die OB-verslae vervat is.


LUISTER HIER:


Ilde Roos

TRANSKRIPSIE:


Sy sê dit is juis om hierdie rede dat die verslae gepubliseer en vrylik beskikbaar gestel word. Gcaleka het as deel van haar ondersoek gekyk na die moontlikheid dat president Cyril Ramaphosa opgetree het op ʼn wyse wat strydig is met sy amp in die hantering van die beweerde huisbraak en homself blootgestel het aan ʼn moontlike konflik tussen sy grondwetlike pligte en sy private belange. Die moontlikheid is ook ondersoek of Ramaphosa doelbewus versuim het om die inbraak aan te meld en sy mag en staatshulpbronne misbruik het deur die presidensiële beskermingsdienste op Phala Phala te ontplooi.


Gcaleka het egter bevind daar is niks wat daarop dui dat die president enige etiese kodes oortree het nie.


Kholeka Gcaleka. FOTO: News24
Kholeka Gcaleka. FOTO: News24

 
 
 

Comments


bottom of page