top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die OBK se voorsitter bedank

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 24
1 min read

Die Adjunkminister van Finansies, David Masondo, het bedank as die voorsitter van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK).


Dit volg te midde van voortgesette woelinge in die staatsbeheerde batebestuurder en enkele dae voor 'n vergadering van aandeelhouers waar die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, blykbaar gaan vra vir 'n stemming oor die verwydering van die nie-uitvoerende raad.


SABC-nuus berig Masondo sê in 'n verklaring hy het met integritieit opgetree om staatsamptenare se pensioengeld te beskerm.


Sy bedanking volg na die voorlopige skorsing van die bestuurshoof Patrick Dlamini verlede week en die daaropvolgende bedanking van ses ander nie-uitvoerende raadslede.


David Masondo. FOTO: Daily Maverick
David Masondo. FOTO: Daily Maverick


 
 
 

Comments


bottom of page