top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Odeion Skool vir Musiek vereer die medekomponis van SA se hersiene volkslied

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 24, 2025
1 min read

Jeanne Zaidel-Rudolph, een van die sleutelfigure in die komposisie en rangskikking van Suid-Afrika se hersiene volkslied, is by deur die Bloemfonteinse Odeion Skool vir Musiek aan die Universiteit van die Vrystaat vereer . BloemExpess berig ‘n gekombineerde huldeblyk-bewaringskonsert is ter erkenning van die komponis aangebied. Ter afsluiting is Zaidel-Rudolph se volledige argief van meer as 80 komposisies oor verskeie genres aan die musiekskool oorhandig. Sy is een van Suid-Afrika se mees gevierde komponiste en het op versoek van president Nelson Mandela tussen 1995 en 1997 bygedra tot die hersiening van Suid-Afrika se volkslied. Zaidel-Rudolph, wat as 'n pionier in die land se musikale en akademiese lewe erken word, is die eerste vrou in die land is wat 'n doktorsgraad in musiekkomposisie verwerf het.

 
 
 

Comments


bottom of page