Die Odeion Skool vir Musiek vereer die medekomponis van SA se hersiene volkslied
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 24, 2025
- 1 min read
Jeanne Zaidel-Rudolph, een van die sleutelfigure in die komposisie en rangskikking van Suid-Afrika se hersiene volkslied, is by deur die Bloemfonteinse Odeion Skool vir Musiek aan die Universiteit van die Vrystaat vereer . BloemExpess berig ‘n gekombineerde huldeblyk-bewaringskonsert is ter erkenning van die komponis aangebied. Ter afsluiting is Zaidel-Rudolph se volledige argief van meer as 80 komposisies oor verskeie genres aan die musiekskool oorhandig. Sy is een van Suid-Afrika se mees gevierde komponiste en het op versoek van president Nelson Mandela tussen 1995 en 1997 bygedra tot die hersiening van Suid-Afrika se volkslied. Zaidel-Rudolph, wat as 'n pionier in die land se musikale en akademiese lewe erken word, is die eerste vrou in die land is wat 'n doktorsgraad in musiekkomposisie verwerf het.






Comments