Die OG bevind die presidensie spandeer miljoene aan kruideniersware

Oct 13
1 min read
Die Vereniging van Staatsamptenare (VSA) het sy kommer uitgespreek nadat die Ouditeur-generaal bevind het dat die Presidensie R1,7 miljoen bestee het sonder om die voorgeskrewe tenderprosesse te volg.
Volgens die Ouditeur-generaal is die geld aan kruideniersware bestee.
Die Presidensie het sy skoon ouditstatus verloor omdat die vereiste tenderprosesse nie gevolg is nie.
Die vakbond se Claude Naiker sê dit is ’n ernstige saak.
LUISTER HIER:
Claude Naiker









Comments