Die OG se verslag oor Nsfas is kommerwekkend
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 28
- 1 min read
Die minister van hoër onderwys en opleiding, Buti Manamela, sê die Ouditeur-generaal (OG) se verslag oor die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (Nsfas) is kommerwekkend.
Die OG, Tsakani Maluleke, het vir die 2024-'25 boekjaar Nsfas die ergste moontlik ouditverslag gegee, naamlik die weiering van ʼn ouditmening. Dit is weens bevindinge dat die skema steeds toelaes aan oorlede studente betaal.
Die OG het ook bevind dat duisende studente wie se huishoudelike inkomste die drempel oorskry, steeds toelaes ontvang het. Manamela sê die kwessies sal so vinnig as moontlik aangespreek moet word.








Comments