top of page

Die ombudsman bevind psigiatriese pasiënte het verkluim

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 31, 2025
  • 1 min read

'n Ondersoekverslag van die ombudsman het onthul dat pasiënte aan die Noord-Kaapse Psigiatriese Hospitaal weens sisteem-defekte en infrastruktuur-ineenstorting verkluim het.

NoordKaap Bulletin berig die verslag is Woensdag deur die gesondheidsombudsman, Taole Mokoena, vrygestel nadat die Noord-Kaapse Psigiatriese Hospitaal en die Robert Mangaliso Sobukwe Hospitaal in Kimberley ondersoek is.

Die verslag dui dat twee pasiënte se dood in 2024 direk verbind word aan uiterste koue-blootstelling en onvoldoende mediese sorg.

Mokoena sê die hoof oorsaak van die sterftes is die langdurige elektrisiteitstekort weens kabeldiefstal en vandalisme van die kragsubstasie.

 
 
 

Comments


bottom of page