Die omstrede Aarto-wet tree ook in Bloem in werking

Die omstrede Aarto-wet tree Woensdag ook in die Mangaung Metro Munisipaliteit in werking.
Maroela Media berig die metro is een van sowat 60 bykomende munisipaliteite waar die wet vanaf 1 Julie toegepas sal word.
Dit volg nadat die Departement van Vervoer die uitbreiding van die wet in die Staatskoerant gepubliseer het.
Intussen is een van die Suid-Afrikaanse Plaaslike Owerheidsvereniging, Salga, se grootste besware dat dit munisipaliteite meer sal kos om Aarto te bedryf as wat hulle uit verkeersboetes sal ontvang.
Die vereniging meen die befondsingsmodel moet hersien word, anders sal munisipaliteite die stelsel moet subsidieer met geld wat vir dienslewering bedoel is.
Aarto maak voorsiening vir verkeersboetes met strafpunte wat uiteindelik daartoe kan lei dat herhaaldelike verkeersoortreders hul rybewyse verloor.









Comments